Dankie vir PUIK diens!

Dankie vir PUIK diens!

Vandag besluit ek om gou by Total Fishing n draai te gaan maak aangesien hulle sommer om die hoek van my af is  om vir my dips, hoeke, leader lyn en 'n paar ander goed te gaan kry vir die hengelseisoen wat nou in volle vaart aan die gang is.

Eers sukkel ek om die plek te kry en GPS nie baie behulpsaam nie bel ek toe vir Neville Foord en sommer gou help hy my reg en kry toe die winkel sommer maklik .

Met die intrap slag word ek sommer hartlik gegroet deur Neville Foord homself wat n vooreg was dit nie , hy is nogal n legend as dit by hengel kom soos ek hom al ge google het LOL . Hier staan die man in sy volle glorie en ek dink soos n paar ander legends bietjie houding het is Neville glad nie so nie wat n aangename Knaap vra my sommer gou of daar iets is waarmee hy kan help. Nou ja dit is vir my baie nice om by n winkel in te stap en die eienaar is die een wat jou eerste groet en vra of hy kan help. Wat 'n passievolle manietjie is hy nie . Ek is baie impressed met sy kennis wat hy in oorgawe met jou deel en vir jou raad gee met alles wat jy vir hom vra . Ek koop toe die goed wat ek nodig het en die pryse was baie goed in vergelyking met die ander hengel winkels in die omgewing en dit is n groot plus punt.

Total Fishing het alles wat die kompeterende hengelaar nodig het en dan sy Maggots is seker die beste na gekyk in die mark hy maak hulle skoon en versorg hulle baie goed elke dag se hy toe vir my. Dan natuurlik die custom stokke wat hy met graagte vir jou laat uitboek om te gaan probeer , en ja dan praat die kaart natuurlik LOL. Dit kry jy ook nie sommer by n viswinkel nie en sy KAIZEN Custom stokke is iets besonders en so sal menigte manne oor getuig om n stok te he wat super lig is en jy kan hengel op 35 tot 120m met gemak en tempo hengel is nou n walk in the park.

Neville Foord dankie vir die puik diens wat ek vandag by jou gekry het hou so aan jongman.

Post a comment

Please note, comments must be approved before they are published